23
Thu, Nov
42 New Articles

Laerskool Kathu se atletiek blom weereens in 2017

Skole Nuus / School News
Typography

Na afhandeling van Laerskool Kathu se Kleure-Atletiek het 103 van hulle leerders aan die Gamagara atletiek byeenkoms deelgeneem.

99 atlete van die Gamagara sirkel het aan die JTG atletiek byeenkoms deelgeneem – 63 van die 99 atlete is afkomstig vanaf Laerskool Kathu (64% van die span).

By die JTG atletiek byeenkoms word 76 atlete verkies om op 25 Februarie 2017 aan die Noord-Kaap atletiek kampioenskappe te gaan deelneem in Kimberley. 19 van die atlete is afkomstig vanaf Learskool Kathu. (25% van die span).

 

Laerskool Kathu wens geluk aan elke atleet, ouer en afrigter en verklaar dat hulle baie trots op die atlete is. Laerskool Kathu wens sterkte toe vir die wat na NK kampioenskappe toe gaan op Saterdag 4 Maart 2017.