Voortrekkers bak-en-brou

Skole Nuus / School News
Typography

Op Vrydag 10 Maart 2017 het Kathu Voor-trekkers hul 41ste bestaansjaar gevier deur 'n bak-en-brou aktiwiteit vir die jeug-lede aan te bied.  
Nadat elke jeuglid probeer het om 'n appel te hap wat in water dobber en daarna 'n lekkertjie uit 'n bak meel vas te byt, het die laerskool jeuglede die geleentheid gekry om 'n kolwyntjie te versier met lekkergoed en versiersuiker. Die hoërskool jeuglede het spookasem en toffie appels gemaak.