17
Tue, Oct
42 New Articles

Praat uit die hart

Skole Nuus / School News
Typography

Op 25 Maart 2017 het leerders van Laerskool Kathu deel geneem aan die ATKV Redenaars Kompetisie in Kimberley.  Die doel van die kompetisie is om Afrikaans onder die jeug in sy totaliteit en verskeidenheid te bevorder sodat leerders daardeur bemagtig kan word om in Afrikaans 'n leidende rol te speel as toekomstige leiers van Suid-Afrika. Gaynor Louw (graad 6) het gepraat oor " Klik het haar verbeelding gesteel". Joshua Pretorius (graad 5) het geredeneer dat hy voete van klei het en vrese kan oorkom. Lorinda van Rooyen (graad 5) was trots op haar land en het die gehoor oorreed dat hulle in 'n unieke land bly.