20
Fri, Oct
42 New Articles

Hier is die finaliste

Skole Nuus / School News
Typography

Laerskool Kathu se finaliste vir 2017 se Meneer en Mejuffrou Laerskool het hul-self tydens die fotosessie gate uit geniet. Hierdie groep gaan op Dinsdag 9 Mei almal te siene wees op die loopplank by die laerskool. Kom kyk en word weggevoer na Parys - die stad van liefde - tydens Mnr en Mej Laerskool Kathu. Kaartjies i R100 en is beskikbaar by die Finansiële kan-toor asook by VRL. Die fooi sluit ook 'n ete in.
Ons pragtige deelnemers is in geen spesifieke volgorde nie: Robyn Cloete, Hanke Opperman, Hallé Diergardt, Carli Kruger, Stacy April, Inke Nel, Miquala Liebenberg, Nosmanga Snyman, Tiisetso Khabae, Isago Mogadile, Lohann Pieters, Marno Coetzee, Rique Slabbert, Armand Greeff, Alwyn Kotze en Xavier Mageman.