5 Minute saam met Mnr en Mej Hoërskool

Skole Nuus / School News
Typography

Waarom het jy ingeskryf vir die kompe-tisie? Anria: Ek hou van uitdagings en wou graag wys dat ons meisies almal mooi is op ons unieke wyse. Jacobus: Ek het nie self ingeskryf nie, Inge Gerber het my genader om haar metgesel te wees vir die laaste item by die formele drag.
Watter deel van die geleentheid was vir jou die heel lekkerste? Anria : Elke oomblik wat ek op die verhoog gestap het. Jacobus: Ek het slegs eenkeer geloop en dit
Die 2017 wenners van Meneer en Mejuffrou Hoërskool was Jacobus Cronje en Anria Wolstenholme. Die Kathu Gazette het dit goed gedink om bietjie tyd met hulle te bestee en het aan beide wenners 'n paar vrae gevra om aan ons meer te vertel oor hul ervaring tydens die hele kompetisie.
Beide wenners het dieselfde vrae gekry om te beantwoord. Hier volg die vrae en elkeen se onderskeidelike antwoorde:
was vir my ongelooflik lekker.
Wat het jou senuweeagtig gemaak van die geleentheid? Anria: Die vrae en aankondigings het my senuwees bietjie ge-jaag. Jacobus: Hierdie was my eerste keer so ek het nie werklik geweet wat om te verwag nie. Dit het my bietjie senuweeagtig gemaak.
Hoe het dit gevoel toe jy hoor jy het gewen? Anria: Ek was vreeslik gelukkig oor dit en het dit regtig nie verwag nie. Jaco-bus: Ek het aanvanklik nie geweet ek het gewen nie, aangesien ek nie my metgesel se nommer geken het toe dit uitgelees is nie, maar dit was lekker met 'n vreemde gevoel daarby.
Het die geleentheid enige nuwe karaktereienskappe van jou ontwaak waarvan jy nie geweet het nie? Anria : Dit het verseker gesorg dat ek nou meer selfvertroue het as voorheen. Jacobus: Ek het tot die besef gekom dat ek nie weer so iets sal doen nie.
Word daar iets spesifiek verwag van die wenners wat hul moet doen by die skool? Beide moet sekere geleenthede bywoon by die skool.
Hoe het jou maats reageer die dag na die geleentheid? Anria: Baie het my geluk gewens en was baie opgewonde, maar sommiges het nie baie positief teenoor my opgetree nie. Jacobus: Almal was baie verbaas oor my wen, maar ek het lekker gelag saam met hulle oor alles wat gebeur het op die verhoog.
Watter raad sal jy gee vir die leerders wat moontlik volgende jaar sal wil inskryf? Anria: Ek raai almal aan om in te skryf, mens moet so iets probeer. Jacobus: Doen dit verseker, bou mooi herinneringe so op en as jy meer uit so 'n geleentheid kry as wat jy verwag het, is dit 'n bonus.
Baie dankie aan die twee leerders wat hul tyd kon afstaan om die onderhoude te doen. Mag julle jaar vorentoe veel opwinding en groot dinge inhou.

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !