Toneelgroep vaar uitstekend

Skole Nuus / School News
Typography

Die toneelgroep van Laerskool Kathu het by die Logan Toneelfees op Fraserburg opgetree en die laer-skole afdeling gewen met hul stuk “My Pa.” Wat 'n uitstekende prestasie. Tesame met die trofee het van die leerders ook ser-tifikate ontvang. Die presteerders is: Mone Joubert en Shameela Engelbrecht ontvang silwer, Ryno von Weilligh, Rique Slabbert, Dirk-Uys Coetzer, Robyn Cloete, Kristen Cloete en Maurischka Agenbag ontvang elk goud. Die laerskool het ook silwer ontvang vir die klank en beligting, goud vir ver-hoogbestuur, goud vir regie en ook goud vir die teksgedeelte, wat 'n nuutgeskrewe stuk is. Baie geluk aan al die leerders en die onderwysers, julle is voorwaar sterre! Die vertoning is ook op 16 en 17 Augustus opgevoer by die laerskool en was regtig iets om te moes sien.
Cloete en Maurischka Agenbag ontvang elk goud. Die laerskool het ook silwer ontvang vir die klank en beligting, goud vir ver-hoogbestuur, goud vir regie en ook goud vir die teksgedeelte, wat 'n nuutgeskrewe stuk is. Baie geluk aan al die leerders en die onderwysers, julle is voorwaar sterre! Die vertoning is ook op 16 en 17 Augustus opgevoer by die laerskool en was regtig iets om te moes sien.