MNR & MEJ CURRO

Skole Nuus / School News
Typography

Op Vrydagaand, 1 September, is die heel eerste meneer en mejuffrou Curro Kathu gehou. Die finaliste het almal geskitter tydens die geleentheid en het gestraal op die verhoog. Daar kon ongelukkig net twee wenners wees wat met die titels wegstap en vanjaar is dit Tlotlomatso Ositang, gekroon as Miss Curro Kathu en Erich Wende as Meneer Curro kathu. Die eerste Prinses is Alicia Peacock en tweede prinses, Elanya Ober-holster. Die eerste Prins is Thabiso Moyo en tweede Prins Ruan Wolstenholme. Pryse het ook gegaan aan mejuffrou Per-soonlikheid, Katelyn van Rooyen, mejuf-frou Fotogenies,Elanya Oberholster en meneer Fotogenies, Thabiso Moyo. Baie geluk aan elkeen wat deelgeneem het en die geleentheid moontlik gemaak het.