Mej Hoër- skool Kathu 2018

Skole Nuus / School News
Typography

Op Vrydagaand 04 Mei 2018 is die jaarlikse Mejuffrou Hoërskool Kathu aangebied met vanjaar se tema as Candyland.
Die saal en voorportaal het omtrent gelyk soos die lekkergoedhuisie uit die sprokies-verhaal van Hansie en Grietjie.
Die aand het baie goed verloop en die jong meisies het werklik pragtig gelyk. Elke meisie het die geleentheid gekry om vyf uitrustings aan te trek, onder andere moes hulle 'n uitrusting maak van afvalmateriaal en moes die uitrusting steeds die aand se tema weerspieël. Daar was werklik die mees oorspronklike uitrustings - van lekker-
goed op rokke, tot spookasem op skoene ! Daar was ook geleentheid gegee aan elke meisie om 'n rondte te loop saam met 'n metgesel. Tydens dié rondte is die seuns ook beoordeel om meneer Sjarmant 2018 te kon kies.
Vanjaar se wenners is Adina van Wyk as Mejuffrou Hoërskool Kathu, eerste prinses Amonique Isaacs, tweede prinses Nadia Greef en Keanen Vries as Meneer Sjar-mant 2018. Baie geluk aan elkeen van die wenners asook aan elkeen wat deelge-neem het, die aand was werklik 'n groot sukses.