17
Tue, Oct
42 New Articles

‘Groot skool’ nie perdekoop nie

Skole Nuus / School News
Typography

Om jou kind in te skryf vir graad 1 by Laerskool Kathu is beslis nie perdekoop nie, het talle ouers op Dinsdag 3 Mei 2016 besef. Die ry ouers het van vroegoggend af by die skool gestaan. Om 04:00 was daar reeds tien ouers in die ry en om 05:30 reeds sestig! Die ry het tot die einde van die skooldag daar gestaan soos nuwe ouers deur die dag bygekom het. Laerskool Kathu het alles in hul vermoë gedoen om die proses so spoedig as moontlik te laat verloop. Die ouers sal eers in Augustus hoor of hul kinders plek gekry het in die skool.

 

Die ry by Laerskool Kathu.