Laerskool Kathu besoek die Gateway To Space Exhibition – The Aftermath

Skole Nuus / School News
Typography

Negentien Leerders van Laerskool Kathu het op Vrydag 17 Junie 2016 die “Gateway to Space Exhibition” in die Sandton Convention Centre in Johannesburg besoek. Na Eastgate Imax en ‘n rit in ‘n taxi het die groot oomblik aangebreek.

Die leerders is weggevoer op ‘n rit deur die geskiedenis van die ruimte program en het sommer ‘n draai op die maan gaan maak! Gelukkig kon hulle weer sag land op die aarde.

Na die reis het hulle na hartelus gespeel op die 5degrees of Freedom Chair (hoe ruimtevaarders in die ruimte voel), die Multi Axis Trainer (hoe voel gewigloosheid), die F-18 Flight Simulator (vliegtuig simuleerder) en Land a Spacecraft (land ‘n ruimtetuig).

Met die genade van God, wat alle dinge moontlik maak, het hulle weer veilig by die huis geland.

 

Die groep leerders op die “maan”.