29
Sat, Apr
80 New Articles

‘n Hele berg kos vir Dieresorg

Skole Nuus / School News
Typography

Elna Potgieter, Charlie die hond, Cherman Brown, Allen Beukes, Ruan Boshoff en Jamey van Neel by die berg kos wat Laerskool Kathu vir die Kathu & Kuruman Dieresorgvereniging ingesamel het. Lees die volledige berig op bladsy 8. Foto: Hettie du Plessis

 

Elna Potgieter, ‘n geliefde onderwyser van Laerskool Kathu tree vandeesweek af. As een laaste liefdadigheidsprojek, het sy besluit om honde- en katkos vir die Kathu & Kuruman Dieresorgvereniging in te samel by die skool. Die uitslag was ongelooflik. Op Woensdag 22 Junie 2016 is agt-en-twintig 7kg sakke hondepille, twee 25kg hondepille, drie-en-sestig sakkies katpille, vyf-en-vyftig sakkies hondepille, twee-en-tagtig blikkies honde/katkos en dan nog vier 20 liter dromme vol hondepille uit gebreekte sakke! Die projek was inderdaad ‘n reuse sukses en Elna hoop dat die leerders dit ‘n voortdurende instelling by die skool sal hou. Die dieresorgvereniging wil graag baie dankie sê aan hierdie fantastiese vrou en elke vrygewige kind wat ‘n bydrae gelewer het. Dit is ‘n bewys van hul groot liefde vir diere.

 

‘n Kontantbedrag van R1972 is ook op Woensdag 22 Junie 2016 deur Elna Potgieter aan Marietjie Janse van Vuuren van die Kathu & Kuruman Dieresorgvereniging oorhandig.

 

Die berg kos wat Laerskool Kathu ingesamel het. Daar is ook enkele kombersies ingesamel.