23
Thu, Nov
42 New Articles

Trollie resies hope pret

Skole Nuus / School News
Typography

Die graad 7's het afskeid geneem van juffrou Elna Potgieter deur hul trollie op haar Mini, Potties, te baseer.

Laerskool Kathu het die tweede kwartaal afgesluit met ‘n groot pretdag op Donderdag 23 Junie 2016. Hulle het ‘n trollie resies gehou, waar die klasse elk ‘n trollie kon versier volgens ‘n tema van hul eie keuse. Die leerders het dan ook volgens daardie tema aangetrek en teen mekaar resies gehardloop. Die leerders het dit baie geniet en dit het hulle sommer ook in ‘n lekker vakansie luim geplaas.