Amanda Leipoldt het met die ingang van die tweede kwartaal by die Bana-span aangesluit. Sy is by die Papegaai-klas (3 tot 4 jaar). Foto: Hettie du Plessis

Werkersdag is vroegtydig deur die leerders van Laerskool Kathu gevier, toe hulle op Dinsdag 26 April 2016 aangetrek het volgens die beroep wat hulle graag eendag sal wil betree. Die besgeklede leerder in elke graad het ‘n prys gewen!

 

Die Diamond Rush stalletjie by die fees.

Hoërskool Kathu se graad 12-groep het tydens die fees ‘n Diamond Rush as fondsinsamelingsprojek aangebied. Daar is kleims verkoop teen R100 elk en die groot prys was ‘n diamant ter waarde van R20 000. Die gelukkige wenner was me V Stapelberg. Daar was ook ander gelukkige trekking pryse.

Hoӫrskool Kathu het ‘n stalletjie by KCC beman om nog kaartjies te verkoop. Die skool is goed deur die publiek ondersteun en kort voor die trekking het mense nog geskarrel om ‘n laaste kaartjie te koop en hul kleim af te steek. ‘n Bedrag van nagenoeg R61 000 is tydens die poging ingesamel!

Groot dank is ook verskuldig aan Floris Kruger van KCC vir sy hulp en bystand.

Bianca Gevers trek die wenner se kaartjie in die Diamond Rush.

 

Mnr & Mej Laerskool Kathu se kroningsgeleentheid is op Donderdagaand 21 April 2016 in die skoolsaal gehou. Die finaliste het verskeie temas voorgestel: Gatsby, Out of Africa, Kreatiewe Uitrustings uit Herwinbare materiaal en die gewilde Special Star waar almal aanddrag dra. Almal het pragtig gelyk en die beoordelaars moes behoorlik kopkrap om die wenners aan te wys.

 

Anika Gerber (Mej Laerskool Kathu), Abigail Louw (Eerste Prinses), Charnel Valentin (Tweede Prinses), Jana Gouws (Mej Fotogenies) en Jarney van Neel (Mej Persoonlikheid).

 

Chipura Links (Mnr Laerskool Kathu), Jaco Vermaak (1ste prins), Naldo Capes (2de prins) en Declan Lewis (Mnr Macho).

 

Cherman Brown (Mnr Sjarmant).

Magiel van der Merwe, ‘n Graad 12 Jeuglid van Kathu Voortrekkers, het op Maandag, 11 April 2016 sy Presidentsverkenner (PV) teoretiese vraestel voltooi. Die PV is die hoogste toekenning wat ‘n Jeuglid in die Voortrekkers kan behaal. Indien hy die vraestel slaag, sal hy uitgenooi word na ‘n PV afrondingskamp wat vanaf 8 – 13 Julie 2016 by Doornkloof, Vrystaat gehou sal word.

Kathu Voortrekkers is met reg trots op Magiel aangesien hy gedurende sy Voortrekker loopbaan 8 Laerskool spesialisasies en 14 Hoërskool spesialisasies behaal het. Hy is ook in 2015 aangewys as Kommando Jeugleier. Voorwaar ‘n uitsonderlike prestasie!

 

Santie van der Merwe (Spanoffisier en Moeder van Magiel), Magiel van der Merwe, Magda Marais (eksamen toesighouer), Steven Botha (Kommandoleier), Krogh van der Merwe (Vader van Magiel)

Agter: SJ van Vuuren, Rique Slabbert, Marno Coetzee, Durk-Uys Coetzer en Estiaan Davel. Voor: McKayla Liebenberg, Anneri du Plessis, Caitlin Adamson, Cati Basson, Lené Jacobs, Carli Kruger en Inke Nel.

Op Vrydag 8 April 2016 het die Intermediêre fase Spreekkoor van Laerskool Kathu deelgeneem aan die kwarteindrondte van die Nasionale Eisteddfod Academy.

Die groepie is uit ‘n totaal van 1300 deelnemers gekies om deel te neem aan die kwarteindrondte.

Slegs groepe wat ‘n diploma en ‘n vlak 1 in die vorgie rondtes behaal het, word uitgenooi na hierdie fase van die kompetisie.

Die kwarteindrondte het plaasgevind te Roodepoort, Gauteng, by die Roodepoort teater. Ons leerders het die beoordelaars in vervoering gehad met hul weergawe van Muskietejag deur AD Keet.

Bertha le Roux (Emma van 7de Laan) en die befaamde draaiboekskrywer, regisseur en aktrise Henriëtta Greyfenberg, was op die beoordelaarspaneel en hulle was baie beïndruk met ons leerders. Die skool is baie trots op hierdie leerders en ons almal hou duimvas dat hulle die semifinaal sal bereik op 11 Mei 2016, weer te Roodepoort.

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !