29
Sat, Apr
80 New Articles

Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO se jaarlikse Opedag was op 19 Augustus 2016 om 10:00 by die skool, waar die skool heelwat nuwe leerders in die Graad R en Graad 1 klasse verwelkom het.

Hulle het sowat twee ure spandeer aan heerlike aktiwiteite saam met hulle juffrou en klasmaats.

Nadat die Graad R’e na hulle klasse geneem is was hulle verwelkom deur hulle juffrou en klasmaats. Hulle het na ‘n storie geluister wat hulle daarna bespreek het. Die kleuters het vir “Incy wincy spider” geleer en spinnekoppe uit lekkergoed gemaak het en ‘n pakkie om huis toe te vat sodat hulle vir mamma en pappa ook kan gewys hoe om spinnekoppe uit lekkergoed te maak.

Hulle juffrou het ook met hulle bespreek wat hulle alles die volgende jaar gaan doen en wat hulle gaan leer.

Hulle dag is afgesluit met legkaart bou.

Die Graad 1’s se tema was vrugte.

Hulle juffrou het verskeie aktiwiteite met hulle gedoen oor vrugte soos vrugte wat hulle uit klei gemaak het. Hulle het ook hulle eerste kennismaking met gedigte gehad, hulle het ‘n gedig oor “aptyt vir ontbyt” behandel.

Hulle het hulle dag afgesluit met ‘n vrugteslaai van klei en ‘n storie.

 

Speel-speel leer tydens die opedag.

 

Pikkie Pret leerders het op Donderdag 22 September 2016 'n besoek afgelê aan Sishen lughawe, waar hul gul ontvang is. Die leerders kon aanskou hoe 'n vliegtuig opstyg. Hierna het die vriendelike Sishen Brandweer, die leerders mooi ingelig oor die voorkoming en gevare van brand. Nadat die leerders deur die lughawe gebou beweeg het, het hul heerlik buite piekniek gehou. 'n Groot dank aan Jacky en Ziets en hul sekretaresse, Ursula Matthee vir die reëlings, Sishen Brandweer en Laerskool Kathu vir die veilige vervoer van hul leerders.

 

Pikkie Pret leerders by die brandweerwa.

Rehoboth Christian School het die afgelope paar weke pannekoek en ander lekkernye by die skool verkoop as fondsinsamelingsprojek. Hulle wil graag hul borge bedank wat dit 'n groot sukses gemaak het: Ouers, Spar en Pick n Pay. Die skool waardeer dit baie.

 

POPPEKAS

 

Die graad 6 groep het ook ‘n poppekas opgevoer. Die groep het ook ‘n diploma vir goeie spel en kreatiewe poppe verwerf. Agter: Estiaan Davel, Inkel Nel en Lené Jacobs. Voor: Marno Coetzee en Rique Slabbert.

 

 

SPREEKKORE


 

Die graad 5 spreekkoor van Laerskool Kathu (wat ook graad 4 leerders insluit), sowel as die graad 6 spreekkoor, het op Donderdag 15 September 2016 deelgeneem aan die eerste rondte van die NEA Eisteddfod 2017 wat plaasgevind het by Curro Kathu. Die graad 5’s het 'Stuur groete aan Mannetjies Roux' van Laurika Rauch opgevoer en graad 6’e het ‘n draai in Hillbrow gemaak.

Die beoordelaars was gaande oor hul optrede en beide spreekkore verwerf diplomas. Slegs items wat diplomas behaal in die eerste rondte, dring deur na die volgende rondte van die kompetisie.

Laerskool Kathu se spreekkore dring dus albei deur na die volgende rondte.

Die skool wens hierdie leerders geluk. Voorspoed vir die volgende rondte.

Die afrigters van hierdie uiters talentvolle groepie leerders, jufroue Riana Slabbert, Lindi Vries en Karin van Neel, het hul dank en trots teenoor die skool en die ouergemeenskap uitgespreek, vir hul volgehoue ondersteuning vir die uitbreiding van die kultuurprogram van die skool.



DJEMBE TROMME

 

Die graad 3 Djembe Tromgroep het ook deelgeneem. ‘n Ritmiese, kleurvolle uitvoering, propvol dinamiese hard en sag is gelewer. Duidelike konstraste was hoorbaar. Het jy dit gesien? Met trots het hulle ‘n diploma verwerf! Hulle sien uit na die volgende rondtes van ritmiese drom en dreuning. Baie dankie aan die afrigters, Chanél du Plessis en Shani Venter vir jul leiding.   

 

PAC members: From left to right : Mr Gerrit Roos (FET Phase), Mr A van Rooyen (Senior Phase), Ms Refilwe Sebogodi (Intermediate Phase), Ms Thato Balepile (Foundation Phase), Mr E A Conradie (Executive Head) and Mr JN Kriel (Teacher representative).

 

After going through an intensive selection process, Curro Kathu School had to make the choice on who are going to be new members of prefects and the PAC (Parents Advisory Committee). The two bodies that were elected on 19 September 2016, represent both learners and parents. They are expected to start with their respective duties at the begining of 2017 as the successors of the current leadership.

The teacher representative Mr J.N Kreil said they are greatful of what the current leadership is doing and they would like to encourage the newly sworn in bodies to lead by example and work hard. He also urged them to contribute towards excellence and promote a standard of quality education within their children.

 

From L to R: Ms. N. Strauss ( teacher), Annabia Strauss, Amahle Ngidi, Johan Kruger, Fenje Nkoane, Christiaan Barnard, Albert Opperman,  Marlene de Klerk, Ayeesha Nthane, Matt Roos, Dylan Goliath, Kiara Lechet, Palesa Malinga, Francois de Bruyn and Jana van Heerden. Ms. S. Germanus and Mr. E.A. Conradie  (Executive Head).

Hoërskool Kathu en Pick n Pay Heritage Mall bied op Saterdag 24 September 2016 vanaf 10:00 tot laat ‘n braaikompetisie by Heritage Mall aan.

Spanne gaan teen mekaar braai, daar sal stalletjies wees, kindervermaak, ‘n biertuin, rugby op die grootskerm asook verskeie kunstenaars wat sal optree.

Toegang is gratis. Verskeie maatskappye gaan uurliks vanaf 11:00 tot 20:00 kompetisies hou waar groot pryse gewen kan word.

Kom geniet die dag se vermaak saam met Pick n Pay en Hoërskool Kathu.

The Sishen Intermediate Mine School in Sesheng near Kathu held a fun-filled beauty pageant on Friday 09 September 2016 to raise funds for the school. In the girls’ section, (fltr) were first princess Maneela Moremi, the Queen Kabelo Setlhare and second princess Kgalalelo Bodumele. In the boys’ section (fltr) were second prince Thero Van Rooi, Mr Handsome Tlhompho Magalanyane and the first prince Realeboga Tlhaole.