Curro Kathu se o/7, o/8 en o/9 Mini Krieketspanne het deelgeneem aan Laerskool Postmasburg se Mini Krieketdag. Al drie spanne het elk twee wedstryde gespeel en Curro het al ses wedstryde gewen! Baie geluk, die skool is trots op julle. Foto: Hettie du Plessis

Laerskool Kathu is hard aan die oefen vir hul Konsert wat  plaasvind tydens die vierde kwartaal op 11, 12 en 13 Oktober 2016 om 18:30. Tydens vanjaar se konsert voer hul die toneelstuk, "Mike and Kallie rock the World" op en daar gaan ook items gelewer word deur graad 1 - 7 leerders.

Naldo Capes en Dirk-Uys Coetzer vertolk die rolle van die twee hoofkarakters, Mike en Kallie. Albert Einstein, Henry Ford, sir Isaac Newton, Beethoven en selfs die Wright broers maak 'n draai op die verhoog. Rufus (vertolk deur Jandri Basson), 'n tydreisiger, het haar hande vol om Mike en Kallie op koers te hou om sodoende die voortbestaan van die wêreld te verseker.

Die vermaak wat aangebied word sluit in voordrag, kulturele dansies, musiek, dans en nog vele meer. Kaartjies is beskikbaar by die skool teen R40 vir volwassenes en R30 vir skoliere. Juffrou Lindi Vries en mnr Thabo Venter is die mede- regisseurs van die produksie en hulle nooi graag die publiek uit om te kom deel in 'n aand propvol vermaak.

 

Die o/13A krieket span van Laerskool Kathu het gedurende die September vakansie krieketwedstryde in Kimberley gespeel. Die span het baie geleer en het goeie krieket gespeel! Die span was bevoorreg om 'n "pull over" te ontvang van 'n borg, mnr Arno Kotze. Alle ouers het hard saam gewerk om hierdie krieket toer moontlik te maak vir die seuns.

 

Agter: Mnr André van Schalkwyk, Keown Jacobs, Sybrand Brink, DP Swiegers, Roman Erasmus, Naldo Capes en mnr Arno Kotze. Middel: Alwyn Kotze, Eddie Muller, Marthinus van der Westhuizen, Jared le Roux, Phillip de Bruin en mnr Mortan Coetzee. Voor: Rique Slabbert, Deaclon Diergaardt en Marno Coetzee.

Sishen Intermediate Mine School embarked on a journey to Mahikeng North West, to watch a play at Mmabana Arts Culture and Sports on 3 September 2016. The gist of the trip was to let learners who are in creative arts at school, to explore all the techniques of playmaking in the theatre. This would enable them to reflect on the practicality of what they are taught in the classroom of creative arts.

The name of the play was “this is for keeps”. It had (the play) a tremendous impact on the learners as it outlined the challenges pupils witness everyday such as poverty, unemployment and all forms of abuse. The learners were also able to perform well in their formal examination assessment based on what they learnt in the theatre. 

The trip was made possible by prominent businessmen in Kathu, Mr Happy Olyn who runs My Idea Garden and Mrs Zelda Terblanche of Zanray Petrol Station. A total amount of R49 880 was raised for transport, food and tickets at the theatre for 80 learners and 4 teachers. “We would like to express our appreciation of the financial assistance we received from Mr Olyn and Mrs Terblanche for making this trip a success. This would have been impossible without you. I would also like to urge you to continue investing in education”, said Miss Bolokang who is one the teachers who accompanied learners to Mahikeng.

 

Some of the learners.

Na aanleiding van Pikkie Pret se Beroepe tema, het die kleuters op Woensdag 14 September 2016 aangetrek volgens hul toekomstige beroep. Daar is verseker hoop vir die toekoms. Almal het die dag terdeë geniet! Juffrouens: Christi-lize Wiese, Luwhandré Matthys en Bernice Basson.

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !