Die jong akteurs maak ‘n buiging ná hul vertoning. 

Laerskool Kathu se toneelgroep het die nuutgeskrewe toneelstuk, “Iets Anders” op Woensdag 24 en Donderdag 25 Augustus 2016 by Laerskool Kathu op die planke gebring. Die jong akteurs se spel, die dekor, beligting, klank en regie was uitstekend. Wat die storielyn betref... Dit was “Iets Anders”!

 

 

 

 

Die matrieks van Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO het op Donderdag, 25 Augustus 2016 hulle “30 days”, in plaas van 40 days”, gehou by die skool. Hulle het die skool mooi blink en kleurvol gemaak vir die geleentheid en ‘n paar Juffrouens mooi laat blink. Die hele skool asook die onderwysers het die dag saam hulle geniet. Die hoogtepunt was wel die skattejag wat die graad 11’s vir die matrieks gereël het. Die skattejag se eindpunt was hulle formele uitnodigings na die matriekafskeid. Dit alles het die dag baie opwindend gemaak en die matrieks het so die laaste deel van hulle skoolloopbaan binne gestap.

Lara en Pierre-Henri Human het die naweek van 19 en 20 Augustus 2016 aan die Noord-Kaap skaakproewe in Kimberley deelgeneem.

Pierre-Henri het die tweede plek behaal vir o/8 en ‘n silwer medalje verwerf.

Albei is gekies om die Noord-Kaap te teenwoordig tydens die SAJCC 2016 gedurende die Desember vakansie.

Baie sterkte aan jul albei. Die skool is trots op julle.

 

Lara en Pierre-Henri Human.

Op Vrydag 12 Augustus 2016 het drie leerders van Laerskool Kathu, Odelia Makappie, Mia Van den Heever en Eliandra Lipema deelgeneem aan die streek se Spelling Bee kompetisie op Kuruman. Odelia en Eliandra het in die tweede rondte uit geval. Mia het in die derde rondte uitgeval. Die skool en hul afrigters is baie trots op hulle en sien uit na die volgende kompetisie.

On Friday 26 August 2016, the matriculants of Kuruman Christian Academy celebrated their 40 days at the school. Fltr: Boichoko Wageng, Mandisa Bonani, Hanno Bekker, Zanele Phala, Kopano Tonyane, JP Cilliers, Emmanuel Sebolai and Pako Baakwalanya.