Die aanbieder, Anthonie Bougas.

 

Die span van die televisie-program, Uitblinkers was by Laerskool Kathu op Vrydagaand 19 Augustus 2016 waartydens hulle die TV opname vir KykNet Nou gedoen het, die TV reeks waar beginners wenners word! Dit word later die jaar uitgesaai. Hou die kassie dop!

Uitblinkers het vir Laerskool Kathu gekies wat 1 van 8 talentvolle skole was, om te spog met ons kultuur leerlinge op nasionale televisie. Items soos dans, drama, tromme, kitaar, redenaars, kore, voordrag, sang en klavier het die geleentheid gekry om aan die reeks deel te neem.

Dit was ‘n ongelooflike aand propvol talent en vermaak. Laerskool Kathu sê met trots: “Progredior”.

 

Curro Kathu

 

Izelle Kasselman, Grade 8 learner of Curro Kathu, participated in the Eskom Science Expo in Postmasburg and received a silver for her project. Well done, Izelle, the school is very proud of you.

 

Laerskool Kathu

 

Op 18 Augustus 2016, het Janri Basson, Cati Basson en S.J van Vuuren Laerskool Kathu verteenwoordig op die Kalahari Streek Expo in Postmasburg.  Hulle het baie interessante projekte gehad en het ook die dag geniet.

Baie geluk aan hierdie drie leerders.  Ons is baie trots op julle!

 

 

 

Hettie du Plessis en enkele onderwysers saam met die graad R-groep in die nuwe biblioteek.

 

Cherubs Kinderontwikkelingsentrum het op Maandag 15 Augustus 2016, na baie jare se droom en boeke insamel, hul eie biblioteek geopen! Met Afrikaanse Taaldag wat jaarliks op 14 Augustus gevier word, is die datum heel gepas.

Kathu Gazette se eie skrywer van die Storieboom Kinderstories is as eregas genooi om die lint te knip en so die biblioteek amptelik in te wy!

Hettie het ook verlede week se Storieboom storie, “Ouma se wonderwêreld”, wat oor ‘n geheime biblioteek handel, vir die Graad R leerders voorgelees.

Storieboom het pas een jaar oud geword. Die eerste storie het in die 14 Augustus 2015 uitgawe van Kathu Gazette verskyn.

Hettie se eerste vollengte jeugboek vir 9 tot 14-jariges word op Saterdag 17 September 2016 by Anna Emm se kantoor in die Kaap vrygestel.

 

Die kleuters van Huppel Hasies het Debonairs op Vrydag 19 Augustus 2016 besoek, waar hulle geleer het hoe om pizza te maak. Elke kleuter kon hul eie pizza maak en agterna eet. Hulle het natuurlik ook geleer van veiligheid in die kombuis en kon elkeen ‘n prentjie inkleur. Die kleuters het die besoek baie geniet.

Ter viering van Lavern Spangenberg, een van Hoërskool Kathu se onderwysers se 60ste verjaarsdag, het Colorado Spur ‘n klompie van dié skool se onderwysers met ‘n ete bederf. Colorado Spur het die “Monday Burger Special” aan die onderwysers bekendgestel. Hierdie spesiale aanbod bepaal dat wanneer ‘n mens op ‘n Maandag ‘n enkel hamburger of ‘n hot dog bestel, jy nog een gratis kry. Indien ‘n persoon die tweede burger graag ‘n dubbel-burger wil hê kos dit slegs R20 ekstra. Groot koeldranke kos ook Maandae slegs R16. Terme en voorwaardes geld natuurlik.

Voor: Rique Slabbert (goud), Cati Basson (goud), Tamryn Valentine (brons) en Amy van Rooyen (silwer). Agter: Ryno von Wielligh (goud), Jandri Basson (silwer), Chantè Badenhorst (silwer), El-Chanè Lombaard (silwer) en Damien Wylbacht (brons).

 

 

Laerskool Kathu se toneelgroep het pas teruggekeer van die Logan Toneelfees wat op 5 Augustus op Fraserburg gehou is. Die gehoor en beoordelaars het dit omtrent geniet. Uit die nege spelers het hul twee brons, vier silwer en drie goue toekennings verwerf, wat werklik uitstekend is. Vir die nuutgeskrewe teks, “Iets Anders” het hul silwer verwerf, asook silwer vir klank en ligte en ook silwer vir kostuums en rekwisiete. “Iets Anders” sal op Woensdag 24 en Donderdag 25 Augustus 2016 by Laerskool Kathu op die planke te sien wees.

 

 

‘n Toneel uit “Iets Anders”.