By Bana Vroeë Kinderontwikklingsentrum het verlede week 'n waterpretdag gehad ter viering van nasionale waterweek. Gedurende waterweek, herdenk Suid-Afrikaners dié belangrike lewensbron. Bana het 'n hele dag afgestaan aan hierdie inisiatief en het die kleuters met waterwurms en springkastele vermaak. Die kleuters het ook lekker gesmul aan waatlemoene. Waaksame juffrouens het deurentyd 'n ogie gehou.

Op Vrydag 10 Maart 2017 het Kathu Voor-trekkers hul 41ste bestaansjaar gevier deur 'n bak-en-brou aktiwiteit vir die jeug-lede aan te bied.  
Nadat elke jeuglid probeer het om 'n appel te hap wat in water dobber en daarna 'n lekkertjie uit 'n bak meel vas te byt, het die laerskool jeuglede die geleentheid gekry om 'n kolwyntjie te versier met lekkergoed en versiersuiker. Die hoërskool jeuglede het spookasem en toffie appels gemaak.

What is February without a Valentine for the youth?  As we grow older and married for years you realize that Valentine's Day is an everyday event when you are in love.  But for the youth it is when they receive an anonymous card or letter, the day that will bring stars in their eyes and a day they can just have fun. The youngsters of Hotazel College had a Ball where they could just be themselves and just have fun.

Pikkie Pret kleuterskool het Menseregte dag ook be-kend as Heldedag gevier. Die dag was vol opwinding met kinders wat al te fraai gelyk het met al die verskillende kostuums. Karakters soos Batman en Wondervrou en vele ander sprokiekarakters was uit-gebeeld op die dag. Juffrouens het ook die avontuur gedeel om ook as verskillende karakters aan te trek. Dit was sowaar 'n Heldedag vir Pikie Pret.

By Hoërskool Olifantshoek akademie vir CVO het kupido sy pyl in die kol geskiet. “Februarie is die maand van liefde”. Op Vrydag 10 Februarie 2017 het Hoërskool Olifantshoek se leerders Liefde vlerke gekry. Groot en klein was getooi in pienk, rooi, swart en wit. Feetjie vlerkies op die rug het die prentjie mooi afgerond. Die Gr 11's het die onderwysers elkeen bederf met 'n pakkie sjokolade. Die briefie houer is eers die 14de Februarie oopgemaak en daarin was baie verrassings. Voorwaar was daar romanse en liefde in die lug

Playball het op Dinsdag 14 Februarie 2017 'n draai by Sishen Laerskool gemaak om die leerders bal- en ander sportvaardighede te leer. Die leerders het dit baie geniet en hul vaardighede sommer speel-speel opgeknap.