‘Winning streak’ vir Kathu

Skolesport / School Sport
Typography

Voor vlnr: Stephan de Klerk, Hendrik Buys (afrigter), Hein van Wyk en Eghan Coetzee. Agter vlnr: Stiaan Burden, Darren Coetzee, Hugo Meyer en Herman van Niekerk (kaptein). Afwesig: Albert Slabbert, Arno Esterhuysen, Boeta van Zyl, Leon Steyn en Jacobus Cronje. Foto: Hettie du Plessis

 

Die eerste krieketspan van Hoërskool Kathu het op Vrydag 14 Oktober 2016 vir Hoërskool Daniëlskuil met 10 paaltjies gewen in die T20 semi-finaal en Saterdag vir Kathu Dorp 2 in die klubliga met 4 paaltjies gewen nadat Herman van Niekerk 115 lopies gemaak het en Darren Coetzee 3 paaltjies geneem het. Hulle het beide wedstryde weg gaan speel.