23
Thu, Nov
42 New Articles

Curro seuns presteer tydens vakansie

Skolesport / School Sport
Typography

Matt Roos, 'n leerder van Curro Kathu, het derde gekom in die Nasionale
TYR Gala wat
 in Durban plaasgevind het. Hy het vir 4 van sy 5 items vir
die finale gekwalifiseer,
wat beteken dat hy ook onder die top 10
deelnemers
was.

Ruan Wolstenholm,
het die Griekwas verteenwoordig by die Grant Khomo-Rugbyweek in
die 0/16 span. Curro is baie
trots op elkeen van die
talentvolle
seuns. 

Johan Kruger en
Lyle Pedro het
tydens die  vakansietyd deelgeneem aan 'n gholf toernooi in Bellville in die Wes-Kaap. Die twee gholfers het dit baie geniet en die geleentheid aangegryp en gewys hoe lyk die gholfspelers van die Kalahari.