Laerskool Kathu Tennis

Skolesport / School Sport
Typography

Die Welkom vierhoekige toernooi het vanaf 25 tot 26 Augustus 2017 plaasgevind vir die Noord-Kaap, Noord-Vrystaat , Noord-Wes en Oos-Vry-staat.
Shani Steenkamp D0/10 en Erard Theron S0/10 het die afgelope naweek in Welkom as deel van die Noord-Kaap tennisspan ge-speel. 
Shani het uitstekend gespeel.  Sy het agt van haar nege wedstryde gewen.  Om so goed op Provinsiale vlak te speel wil ge-doen wees. Shani het alreeds vroeër hier-die jaar erekleure verwerf. Baie geluk, Shani.
Erard Theron het ook uitstekend gespeel.  Hy slaag daarin om ses van die agt wed-stryde wat hy gespeel het, te wen. Dis uit-stekend, baie geluk Erard. Hy ontvang 30 Augustus sy erekleure vir tennis.