18
Sat, Nov
49 New Articles

Uppies kán netbal speel

Skolesport / School Sport
Typography

Vanaf 5 tot 7 Oktober het Hoër-skool Upington se o/15A-net-balspan aan die Nasionale Kampioenskappe in Vanderbijlpark deelgeneem. Die top 2 spanne uit elke provinsie het meegeding om die top-posisie in die land. Dit was 3 dae van baie opwinding en groot uitdagings vir die span.
Uppies bevind hulself in 'n sterk poel met onder andere Oranje Meisieskool, Affies, Rustenburg  en Paarl Girls High. Die span moes  hul eerste twee wedstryde op aksie netbalbane speel weens reën. Dit was 'n groot uitdaging omdat dit hul eerste wedstryd ooit op so 'n baan was. Om die uitdaging gro-ter te maak kom hul te staan teen Oranje Meisieskool van Bloemfontein. Soos ware Uppies het hulle die uit-daging met groot moed aangepak en as oorwinnaars uit die stryd getree. Die meisies het ware “Uppie guts” gewys en was halftyd gelykop teen Affies met 7 elk.  Uppies  wen vyf van hul agt poelwedstryde en kwalifiseer dan om uit te speel vir 'n posisie in die top 8 in die land. Na 3 dae se harde netbal eindig Uppies se O/15 netbalspan algeheel 8ste in die hele Suid-Afrika. Ons is geweldig trots op hierdie mooi prestasie.