School Athletics / kleuresport

Skolesport / School Sport
Typography

Curro kleuresport

Op Vrydag 26 Januarie, het Curro Kathu gesorg vir heerlike sport op die atletiekveld. Die skool het twee spanne naamlik Lactarius (blou) en Blanco (wit).
Tydens die dag het van graad 1 tot graad 12 leerders, asook gewillige personeel en ouers deelgeneem. Een van die hoogte-punte is gewoonlik as die ouers en perso-neel resies hardloop teen mekaar.
Uitslae van die dag is as volg:
Junior Victor Ludorum Paul Thorne en Junior Victrix Lodorum Taylin Cornellissen.
Victor Ludorum graad 4 - 7 Luthando Ntlangoni en Victrix Lodurum graad 4 - 7 Mia Roos.
Victor Ludorum graad 8 -12 Keown Ja-cobs en Victrix Lodurum graad 8 -12 Ellené Stonestreet.
Beste prestasies van die dag is behaal by die velditems deur Demi Mevay gewigstoot 10,27m en by die baanitems het Paul Thro-ne die 80m in 09:63 sekondes gehardloop.
Baie geluk aan die atlete en aan almal wat deelgeneem het - al was dit sommer net vir die lekker daarvan.


Hoërskool Kathu
geniet atletiek

Op Dinsdag, 30 Januarie, het Hoërskool Kathu hulle jaarlikse kleuresport aangebied. Die skool het jaarliks drie kleur-groepe en elke leerder is vooraf  ingedeel in een van die spanne. Die groepe is rooi, blou en wit. Elke jaar heers daar lekker gees, alhoewel dit meestal baie warm is neem die atlete steeds deel.


Jaarlikse atletiek in Hotazel

Op 26 Januarie het Hotazel Kollege hulle jaarlikse kleure atletiek aangebied. Die skool het twee kleurgroepe gehad, die rooispan wie se tema Red Pirates en die blouspan wie se tema Blue Surfers was. Die leerders het baie mooi deelgeneem aan die baan-en veldnommers en ook tussendeur gesorg vir goeie gees en vermaak.