Sun City tennis toernooi

Skolesport / School Sport
Typography

Laerskool Kathu se eerste dogters en seuns tennis-spanne was weer bevoorreg om te kon gaan deelneem aan die Egalite Tennis Toernooi van 26 Februarie tot 2 Maart in Sun City.
Die seuns en meisies moes krag-te meet teen top skole onder an-dere: De Hoop, Eikestad, Ken-ridge, King David Sandton, Trinity House, Van Riebeeckstrand en Willem Postma.
Vanaf dag een was daar tennis van baie hoë gehalte gespeel. Soos die toernooi gevorder het, het Laerskool Kathu se spelers se selfvertroue toegeneem en het hulle uitstaande tennis opgelewer.
Dankie aan Laerskool Kathu en die leerders se ouers wat dit moontlik gemaak het dat die eer-ste spanne weer die voorreg ge-had het om aan die toernooi te kon deelneem.
Die dogters wat deelgeneem het was Micheala Lampbrecht, Shani Steenkamp, Danica Roux, Jani Coetzer en Ruhané Combrink.
Die seuns wat deelgeneem het was Tian Barnard, Zander Steen-kamp , Zander Boshoff, Quinton van der Heever en Carlo Booysen.
Baie geluk aan die spelers.