Finale skyfskiet proewe

Skolesport / School Sport
Typography

Willem Coetzee van Hotazel Kollege het op 13 – 14 April 2018 gaan deelneem aan die finale skyfskiet proewe in Bloemfontein. Hy het 'n goue medalje as beste o/12 Presisie skut verower.  Hy is  ingesluit in die SANSSU toerspan wat  na Bisley in Engeland gaan om daar van 30 Julie tot 13 Augustus 2018 aan die BJI Kompetisies deel te neem. Wat 'n uitstekende prestasie! Ons is baie trots op hom!