Interskole 2018

Skolesport / School Sport
Typography

Op Saterdag, 12 Mei, was dit die jaarlikse inter-skole tussen Hoërskool Kathu en Hoërskool Kalahari. Die verskeie sportspanne het kragte gemeet teen mekaar om te bepaal wie vanjaar se wenner sou wees. Hoërskool Kathu se spanne het baie van hul wed-stryde gewen onder andere die eerste netbalspan 30 - 25 en eerste hokkiespan 2 - 1, gholf 4 - 0 en die skaak. Tydens die hoof wedstryd van die rugby het Hoërskool Kalahari gewen met 34 - 22.
Albei skole het baie goeie sportmanskap getoon en almal het hulle harte uitgespeel. Wel-gedaan aan al die spanne en spelers !