Gamagara Basketball League- High School Division came to an end on 21 May 2016, at Kathu Stadium (please see attached pictures). The two teams namely, Gamagara High School and Langberg High School fiercely faced each other in the finals. The finals were played over three games , with Gamagara High School winning the first one and Langberg High School managed to come back and win the remaining two. Langberg High School as 2016 champions were awarded with a trophy and gold medals, silver medals were awarded to Gamagara High School. The day ended with an announcement of Gamagara Basketball League- High School Division boys and girls all start teams. loveLife and Kalahari Country Club made the finals a successful event.

 

 

o/13 A-netbalspan van Laerskool Kathu pronk in nuwe vere, danksy die finansiële borg deur Colorado Spur. Hier ontvang die Kapteine, Janeske de Klerk, die klere van Mnr Hannes Spangenberg. Die span is baie dankbaar vir die groot gebaar. Ons gaan die skool en gemeenskap trots in ons provinsie verteenwoordig en so vlerke aan Colorado Spur gee.

 

 

 

 

Hoërskool Kathu het op Dinsdag 17 Mei 2016 teen Curro Kathu netbal gespeel. Die o/14-span het gelykop gespeel met 11 punte elk. Die o/17’s het 16-6 gewen en die o/15-span spog met ‘n naelskraapoorwinning van 13-12. Op die foto is die o/14 en o/15 spanne.

 

 

Op Saterdag, 21 Mei 2016, het 30 netbal- en 18 rugbyspanne (+- 600 skoliere) van Laerskool Blackrock, Hotazel Kollege, Laerskool Seodin, Laerskool Kuruman, Laerskool Kathu, Curro Kathu, Sishen Primêr, Noord-Kaap Primêr, Laerskool Postmasburg, Laerskool Lime Acres en Hoërskool Daniëlskuil opgeruk na Laerskool Kathu om deel te neem aan die Van Druten Laerskool Rugby- en Netbal finale.

 

Op dié pragtige sonskyndag het ons uitstekende rugby en netbal vertonings beleef.  Skeidsregters het hul goed van hul taak gekwyt en die toeskouers het hulle, in die algemeen, baie goed gedra.

 

5 rugby- en 11 netbalspanne van Laerskool Kathu het aan die dag deelgeneem in die onderskeie ligas en ons het afgesluit met 10 ligawenners, 5 naaswenners en een 4de plek.

Weereens kan ons met groot dankbaarheid aan die Hemelse Vader ‘n seisoen afsluit vol sukses en sonder enige beserings wat nie met tyd behoort te herstel.

 

Hierdie groep provinsiale tennisspelers van Laerskool Kathu het verlede week tydens die saalperiode hulle ere-kleure balkies ontvang, nadat hulle aan die einde van Maart aan die Synergy Cup interprovinsiale tennistoernooi in Stellenbosch deelgeneem het. o/11 dogters:  Marga van Zyl en Liance Rust. o/11 seuns:  Zander Steenkamp. o/12 dogters:  Inke Nel, Jessica da Silva en Jané de Villiers (afwesig). o/12 seuns: Alwyn Odendaal, Rique Slabbert, Dirk Uys Coetzer. o/13 dogters:  Anika Gerber. o/13 seuns: JC van Niekerk. Foto: Lourense Roux

 

 

 

 

 

On Friday 20 May 2016, Kathu Primary School had a Big Brag in the school hall, to build team spirit. The teams played in the Van Druten finals the next day. The u/13A rugby (below) and netball (above) teams showed a lot of spirit. Photographs: Hettie du Plessis