Op 27 Januarie 2017 het Spanwerk (3 skole – 2 spanne) 'n blou span en die bloedrooie's van 0/6 tot o/19 meegeding in velditems sowel as baanitems. Op die pawiljoen was daar gesing en geondersteun. Daar is met groot ywer deelgeneem, rekords is gebreek en die atmosfeer was ongelooflik. Daar was heerlike eetgoed soos, braaivleis, pannekoek en kerrie en rys. Die dag was uitstekend beplan en was 'n groot sukses.

By die CVO Kalahari se streeks-atletiek wat op 18 Februarie 2017 te Kimberley gehou is, het hierdie leerders gekwalifiseer vir die BCVO Suid-Afrika skole atletiek, wat op 31 Maart 2017 in Sasolburg gehou sal word.

Agter links na regs:  Russell Wiles, Hanno Nolte, Pieter Barnard & Wilmarise Nel
Middel links na regs:  Madelein Kotze, Jo-Mari Barnard, Louise Stafford, Nico van Aarde, Juandre Maritz & MJ Hattingh
Voor links na regs:  Johan van Wyk, Corne Wiles & Francois van der Merwe.

Saterdag 11 Februarie 2017 het Hoërskool Kathu se 1ste krieketspan in die klubliga teen Progress van Postmasburg gespeel. Kathu kolf 1ste en teken 173 aan met Boeta v Zyl 45 en Arno Esterhuizen 31 die beste kolwers. Progress word uitgeboul vir 76 met 'n puik boul vertoning deur Boeta v Zyl wat 5 paaltjies plat trek.Hoërskool Kathu wen met 97 lopies.

Rivaldo Grant Barker, 'n graad 12 leerder van Hoërskool Langberg in Olifantshoek, is in die Noord-Kaap provinsiale atletiekspan opgeneem. Rivaldo gaan deel-neem vir die seuns o/19 in die naellope item (100m), by die Nasionale Atletiekbyeenkoms in Durban by die bekende. Kingspark stadion. Die byeen-koms vind plaas op 29 Maart 2017 tot 01 April 2017. Die skool en gemeenskap van Olifantshoek is baie trots op hierdie besonderse en uit-stekende prestasie wat hierdie seun behaal het. Die skool wil  langs hierdie weg vir Rivaldo alle voorspoed en sterkte toe-wens vir sy deelname aan hier-die wedloop.Die ouers is ver-antwoordelik vir al die finansi-ële uitgawes. Dit sal hoog op prys gestel word indien enige iemand kans sien om 'n bydrae te maak, al is dit ook hoe klein, elke sent help.Vir bydraes kon-tak asseblief die Prinsipaal Mnr ML Roestof by 073 176 70.

Die Voorbereidende Fase van Hotazel Kollege (Gr RRR tot Gr R) het op Dinsdag 31 Januarie 2017 hulle Toffiedag Mini Atletiekbyeenkoms gehou.   Dit was groot pret vir die toeskouers hoewel baie van die deelnemers al op 'n jong ouderdom hulle talete gewys het.  Elke deelnemer is beloon met 'n heerlike toffie!

Die Top 20 atletiekspan het op Saterdag 18 Febraurie 2017 op Hartswater deelgeneem en die volgende plekke is behaal: Retief Ueckermann 1ste in Diskus seuns o/19 met ‘n persoonlike beste afstand 37.87m asook in hamergooi 42.14m waar hy gekwalifiseer het vir die SA's. Anria Wolstenholme 1ste 1500m dogters o/19, Chantell Brits 2de dogters o/17 diskus, Damain Magermann 3de 200m seuns/15. Afwesig: Demi Mcvay 3de gewigstoot dogters o/17, Stefan de Klerk 3de diskus seuns- o/17, Janko Botha Spiesgooi 3de, Marko Stenekamp 2de gewigstoot en 3de in spiesgooi, Janko Botha 3de spiesgooi seuns o/15.