Hierdie leerders van Hotazel Kollege het op 15 Januarie 2017 aan die Vrystaat water swembyeenkoms te Maselspoort Bloemfontein deelgeneem. Hulle het al drie gekwalifiseer vir die Midmarmyl in Pietermaritzburg later vanjaar. Baie geluk aan, vlnr, Willem Coetzee, Puren Coetzee en Fransjohan Theart.

Ses-en-twintig tennisspelers van Laerskool Kathu het van 19 tot 21 Januarie 2017, as deel van die John Taolo Gaetsewe-span, aan die Noord-Kaap proewe deelgeneem. Elf het in die finaal gespeel. Hou gerus Kathu Gazette dop vir die uitslae van watter spelers opgeneem word in die Noord-Kaap span.

The pupils of the Sishen Intermediate school are being selected for the up coming athletics competition on 04 February 2017 at Sivos sports grounds. All the primary schools in the Gamagara area will participate in the event.

Spanne van regoor die wêreld is op Vrydag 4 November 2016 deur leerders van Laerskool Kathu verteenwoordig vir die jaarlikse Wêreldbeker krieket en netbaldag.

Spelers van die dag:  Sybrand Brink (o/13 krieket). Zander Boshoff (o/11 krieket).  Lesego Moseki (netbal).

Keenan Vries, Herman van Niekerk en Jacobus Cronjé van Hoërskool Kathu het beslis hul staal op die tennisbaan gewys, toe hulle van 19 tot 21 Januarie 2017 aan die Noord-Kaap tennisproewe in Kimberley deelgeneem het. Herman en Keenan is in die o/17-span opgeneem en Jacobus is ‘n reserwe vir die o/16’s. Baie geluk! 

Die o/13C krieketspan van Laerskool Kathu het die jaar aan die Kalahari Krieket B-liga deelgeneem. Hulle het al ses hulle wedstryde gewen en is as die B-liga wenners aangewys. Hulle het toe die kans gekry om teen Laerskool Postmasburg (die vierde plek in die A-liga) uit te speel. Nadat hulle die wedstryd gewen het, het hulle die vierde posisie in die A-liga oorgeneem. Baie geluk met ‘n puik seisoen! 

 

Agter: Karabo Steenkamp, Ulrich Fourie, Pierre Smit, Jaco Smit, Jeanne Kruger, Armand Greeff en Wilbur Kock. Voor: AJ Wiese, Alwyn Odendaal, Divan Steyn en GW van Niekerk.