The pupils of the Sishen Intermediate school are being selected for the up coming athletics competition on 04 February 2017 at Sivos sports grounds. All the primary schools in the Gamagara area will participate in the event.

Die o/13C krieketspan van Laerskool Kathu het die jaar aan die Kalahari Krieket B-liga deelgeneem. Hulle het al ses hulle wedstryde gewen en is as die B-liga wenners aangewys. Hulle het toe die kans gekry om teen Laerskool Postmasburg (die vierde plek in die A-liga) uit te speel. Nadat hulle die wedstryd gewen het, het hulle die vierde posisie in die A-liga oorgeneem. Baie geluk met ‘n puik seisoen! 

 

Agter: Karabo Steenkamp, Ulrich Fourie, Pierre Smit, Jaco Smit, Jeanne Kruger, Armand Greeff en Wilbur Kock. Voor: AJ Wiese, Alwyn Odendaal, Divan Steyn en GW van Niekerk.

Voor vlnr: Stephan de Klerk, Hendrik Buys (afrigter), Hein van Wyk en Eghan Coetzee. Agter vlnr: Stiaan Burden, Darren Coetzee, Hugo Meyer en Herman van Niekerk (kaptein). Afwesig: Albert Slabbert, Arno Esterhuysen, Boeta van Zyl, Leon Steyn en Jacobus Cronje. Foto: Hettie du Plessis

 

Die eerste krieketspan van Hoërskool Kathu het op Vrydag 14 Oktober 2016 vir Hoërskool Daniëlskuil met 10 paaltjies gewen in die T20 semi-finaal en Saterdag vir Kathu Dorp 2 in die klubliga met 4 paaltjies gewen nadat Herman van Niekerk 115 lopies gemaak het en Darren Coetzee 3 paaltjies geneem het. Hulle het beide wedstryde weg gaan speel.

Spanne van regoor die wêreld is op Vrydag 4 November 2016 deur leerders van Laerskool Kathu verteenwoordig vir die jaarlikse Wêreldbeker krieket en netbaldag.

Spelers van die dag:  Sybrand Brink (o/13 krieket). Zander Boshoff (o/11 krieket).  Lesego Moseki (netbal).

Melincke Deetlefs, ‘n leerder by Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO het die Noord-Kaap Provinsiale span by die Destiny NMA-ISKA karate te Stellenbosch verteenwoordig.  Sy het drie brons en drie goue medaljes verwerf, asook die SA –Karate Presidentspan gehaal.

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !