18
Sat, Nov
49 New Articles

Laerskool Kathu se o/11A krieketspan het die afgelope naweek aan die Op die Voorpos se krieketfees deelgeneem en is aan drie verskillende formate blootgestel. Hul het hul goed van hul taak gekwyt en by die blootstelling aan goeie kwaliteit opPosisie gebaat.

Hoërskool Kathu se eerste krieketspan bedank vir Gerhard Badenhorst van RTC Mining Supplies vir hulle netjiese nuwe krieket keppies. Hulle het op 14 September 2016 teen Curro Kathu se eerste krieketspan gespeel. Curro het 102 lopies in hul 20 beurte gemaak. Hoërskool Kathu het hierdie telling verby gesteek in hul twaalfde beurt. Hoërskool Kathu wen met 9 paaltjies. Herman van Niekerk het 43 lopies nie uit aangeteken asook drie paaltjies geneem vir net agt lopies. Eghan Coetzee het 41 lopies nie uit nie en het ook ‘n vangskoot geneem.

Agt van Laerskool Kathu se tennisspelers het deelgeneem aan die Karoo Tennistoernooi in De Aar.

Hierdie uiters gewilde toernooi is hierdie jaar vir die vyfde agtereenvolgende jaar aangebied van 9-10 September  2016.

Altesaam sewe skole het ingeskryf met 24 spanne in totaal wat deelgeneem het.  Laerskool Kathu se dogters en seuns eerste spanne het teen De Aar, Graaff-Reinet, Oranje-Noord, Eureka en Hopetown gespeel.

Dit was ‘n hoogs kompeterende toernooi. Laerskool Kathu se spelers het hul uitstekend van hul taak gekwyt en daar was opwindende wedstryde.  Dit was duidelik in hierdie toernooi dat al die spanne wat daar was, deur die jaar baie toernooie gespeel het.

Dit was ook opmerklik dat ons spanne met die dubbels mekaar goed ken en werklik as ‘n span kan speel en mekaar ondersteun.  Mooi so julle!!

Graag wil ons Meneer Van Niekerk  en die Skoolbeheerliggaam bedank dat hul bereid is om in ons skool se tennis te belê.  Hulle is bereid om die skool se busse en afrigters beskikbaar te stel om ons die geleenthede te gee om kompeterend deel te neem. 

Dit maak van ons ‘n skool wat beskou word, nie net in die streek nie, maar ook landwyd as ‘n skool wat TENNIS speel. 

Ons leuse: Vooruitgang is ons ideaal.  PROGREDIOR.

 

Die dogters is: Linize Wolstenholme, Jana Beukes, Anika Gerber en Inke Nel. Die seuns is: Cobus Solomon, Rique Slabbert, Alwyn Odendaal en Zander Steenkamp (afwesig).

NW de Kock van Rehoboth Christian School het op Saterdag 3 September by Pearson’s Hunt die trofee vir die eerste plek gewen met ‘n vierwielmotorfiets. Sy tyd was 01:56:41 vir die nagenoeg 120km afstand. Hy was 9 minute en 35 sekondes vinniger as die tweede persoon.

 

Hierdie senior tennisspelers van Curro Kathu het op Vrydag 9 September 2016 ‘n vriendskaplike wedstryd teen Hoërskool Duineveld gespeel. Die wedstryde is op Kathu gespeel en die eindtelling was 104-117 in Duineveld se guns. Curro Kathu is nogtans trots op die spelers wat so goed teen ‘n veel groter skool kon vaar.

Op 20 Augustus 2016 het Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO teen Hoërskool Bergvesting op Bergvesting buite Kuruman deelgeneem. Hulle netbal- en rugbyspanne het hul goed van hul taak gekwyt en weereens bewys dat gif dikwels in klein botteltjies voorkom. Hulle het hulle harte op die baan en veld uitgespeel en goeie sportmangees op en van die baan gehandhaaf.

Aan die einde van die dag is Hendriëtte Nell as beste hoërskool netbalspeler en Ruben Meirie as beste laerskool rugbyspeler aangewys. Baie geluk Ollies – Trots op julle!

 

Ollies netbalspelers.