19
Sun, Nov
49 New Articles

Op 18 en 19 Augustus was daar ‘n hokkie kliniek aangebied by Laerskool Kathu vir die hokkie dogters.  Daar was ongeveer 50 meisies wat die kliniek bygewoon het.  Postmasburg se leerders was deel van die 2 ongelooflike dae.  Nie net het die leerders dit baie geniet nie, hulle het so baie by Pietie Coetzee en Roxy Turner (haar mede afrigter) geleer.

 

 

 

Links agter: Natasha Swart. Links voor: Elsje Schoeman, Jade Gerber, Lara Human, Megan Gerber, Rochelle Human, Bronwen van Aarde. Regs agter: Annabia Strauss.

 

 

Pendoring Stalle het 'n "Perde Bootcamp" gehou gedurende die Julie skoolvakansie. Daar was agt deelnemers wat aan die kamp deelgeneem het, wat aangebied was deur Janien Strauss.

Die kinders het 07:00 in die oggend getrou in die ysige koue begin en soms eers 18:00 klaar gemaak. Dit was 'n vol program en die kinders het ongelooflik baie geleer.

Hulle het geleer van "Mounted Skills", "Dismounted Skills", Patterns" en vele meer.

Ruiters moet fiks wees en het vroeg oggend net na sonop al opgewarm en begin oefen.

Kinders het geleer om stalle skoon te maak. Hulle moes ook die teorie baasraak. Hulle het geleer van die verskillende dele van die tooms en hoe om dit uitmekaar te haal, te olie en weer terug te sit. Hulle het ook hulle eie "banner" gemaak.

Daar was ook tyd vir prakties. Hulle is geleer hoe om jou perd se hoewe reg skoon te maak, koors te meet en algemene versorging.

Elkeen kon ook leer hoe om hulle eie hooinet te vleg. Hulle is ook geleer hoe om wonde te versorg en te verbind.

Die Saterdagmiddag het hulle die kamp afgesluit met 'n laaste assessering en het vir hul ouers 'n klein skou gehou waarna daar 'n oorhandiging was van sertifikate vir die suksesvolle voltooi van "Level 1".

Foto’s: Karolien Hannekom

Laerskool Kathu seuns en dogters o/13 tennisspanne het van 3 tot 6 Augustus 2016 aan die Truida Kestell tennistoernooi in Bethlehem deelgeneem.

Hierdie toernooi is ‘n fees van die beste Junior Tennis wat Suid-Afrikaanse Junior Skoletennis kan bied.

Dit was werklik vier dae van fenominale tennis wat plaasgevind het. Altesaam 76 spanne het in verskeie rondomtalie toernooie deelgeneem. Die laaste dag is uitklopwedstryde gespeel om die rangorde van wenners te bepaal.

Elke groep het bekende wêreldkampioene se name gehad.

Laerskool Kathu se seuns was ingedeel in die Novak Djokovic-span. Dit het skole ingesluit soos Highbury (Durban), Frankfort, Louw Geldenhuys en Pietersburg-Oos. Hierdie span het uitklopwedstryde teen die Rafa Nadal en Kevin Anderson spanne gespeel.

Hulle het een van hul ses wedstryde gewen.

Die Kathu seuns het uit twintig skole negentiende geëindig na ‘n verbete stryd.

Laerskool Kathu se dogters was ingedeel in die Gabine Muguruza-span. Dit was Frankfort, Pietersburg-Oos, Jan Celliers, en De Aar. Hierdie spanne het hul uitklopwedstryde teen die Eugenie Bouchard Angie Gerber spanne gespeel.

Die dogters kon daarin slag om Eureka met 4 wedstryde teenoor 0 te wen na ’n baie goeie wedstryd. Hul uitslae is as volg: wen 42-30 teen Frankfort, verloor 35-36 teen Jan Celliers, verloor 36-38 teen Op die Voorpos en verloor ook teen Pietersburg-Oos.

Die Kathu dogters eindig uit 21 skole met ‘n sestiende plek wat uitstekend en welverdiend is.

 

Agter vlnr: Mortan Coetzee (afrigter), Inke Nel, Jessica da Silva, Anika Gerber, Jana Beukes, Lenize Wolstenholme en Cecile Murray (afrigter). Voor vlnr: Cobus Solomon, Alwyn Odendaal, Dirk Uys Coetzer en Zander Steenkamp.

Die 0/13 en 0/11 hokkie dogters van Laerskool Kathu het die naweek ‘n hokkie sportdag bygewoon in Upington (Op die Voorpos).  Baie geluk aan die 0/13-B span wat een van hulle wedstryde gewen het. Die leerders van Laerskool Kathu het dit baie geniet. Daar was ook 2 “women of the match” leerders gekies vir die dag, Erin Ontong en Chanté Roets.

Hoërskool Kathu se eerste netbalspan.

 

 

Soos soveel goeie dinge in die lewe het Hoërskool Kathu se netbalseisoen vir 2016  tot ‘n einde gekom. Die skool kyk terug op ‘n baie suksesvolle seisoen met baie hoogtepunte waarvan ons eerstespan oorwinning van 22-13 teen Kalahari op 6 Augustus 2016 beslis ‘n toppunt was.

Die meisies het hard gewerk en is oneindig dankbaar teenoor hul borge wat soveel vir hul moontlik gemaak het.

Remax Kathu het gesorg dat ons meisies pragtig lyk op die baan deur die eerste span netbal te borg en KFC die tweede span.

Die netbalmeisies en afrigtingspan sê met groot waardering baie dankie aan Remax Kathu en KFC.

 

 

Die tweede netbalspan.

Johan Kruger, Lyle Pedro en Rémon Rabie van Curro Kathu het op Saterdag 30 en Sondag 31 Julie 2016 aan die Vrystaat / Noord-Kaap Ope by die Kimberley Gholfklub deelgeneem. Rémon het ‘n eerste plek behaal, Lyle ‘n derde plek en Johan ‘n vierde plek. Baie geluk.