20
Fri, Oct
42 New Articles

Laerskool Seodin se o/13 hokkie groep het vanaf 8 tot 12 April 2017 na Bloemfontein toe getoer en aan die Elsie Coetzer toernooi deelgeneem. Daar was 102 spanne wat deelgeneem het. Hulle het elke dag afrigting ontvang waar die meisies verskeie tegnieke en vaardighede geleer is. Daar was daagliks ook wedstryde gespeel teen verskeie skole se spanne. Seodin se hokkie bokkies het baie goed gevaar tydens die toernooi. Hulle is ook dankbaar vir hulle getroue afrigter, juffrou Juliana Steyn, wat hul  vergesel het na Bloemfontein asook hul busbestuurder was en gesorg het dat die meisies veilig kon reis.

Laerskool Kathu was baie goed verteenwoordig by Kalahari Aqua-tics, waar hulle deelname by die 4+1 Interprovinsiale swem gala te Potchef-stroom gehou is. Die volgende leerders het erekleure vir sport ontvang : Lenize Wols-tenholme, Estiaan Davel, Juandre de Vos, Cois du Plessis, Sian Kleynhans en Eliza-beth Opperman. Die Kalahari Aquatics se span by die gala, en hul afrigter. Pierre Burger (Afrigter), Matt Roos, Thinus Matthee, Tim Roos, Janica Stone, Estiaan Davel, Lenize Wolstenholme, Christiaan Bar-nard, Andria Opperman, Elizabeth Op-perman, Juandre de Vos, Cois du Ples-sis, Sian Kleynhans. Laerskool Kathu is baie trots op al die swemmers en die opoffering van hul afrigters, Pierre en Leandri Burger, en die ouers wat baie kilometers afgelê het om die kinders by al die galas te kry.

Hotazel Kollege het op 15 Maart 2017 'n swemgala gehou waartydens baie rekords verbeter is.  Die volgende leerders het almal rekords aangeteken:  Martin Lodewyk S O/11 25 m vlinderslag en vryslag, Shaldon Cloete S O/13 25 m vlin-derslag en 50 m vryslag, Fransjohan Theart S O/15 25 m vlinderslag en 50 m vryslag, Jocke Coetzee D O/8 25 m vry-slag, MC van der Banks 0/15 25 m vryslag, Henlu Grove S O/9 25 m vryslag en Wiandi Taljaard D O/15 50 m vryslag.

Die Trysome eerste rugbyspan van Hoërskool Kathu se spelers wie gekies is om in September in Australië te gaan deelneem, van links na regs: Shaun Fourie, Mnr. Fourie, Charl Olivier, Mnr. Olivier, Danie Marais, Mnr. Marais(afrigter), JP Pienaar, Oscar van Wyk en mnr. Van Wyk. Die Remax eerste netbalspan van Hoërskool Kathu het tydens die April skoolvakansie in George deelgeneem. Die Remax span het onderskeidelik gewen teen Werda 56 – 3 en teen Kimberley Girls' High 24 – 2. Sewe speelsters is ook gekies om in Australië te gaan deelneem, hulle is Marliaan Liebenberg, Inge Gerber, Rianda Kernekamp, Chantel Brits, Mishquah Senye, Helizma van der Merwe en Demi Mac Vay.

Pikkie Pret Pre-Primêr het op 10 Maart 2017 om 16:00 hul jaarlikse atletiek gehou by Laerskool Kathu se gronde. Buiten die naellope het elke klas ook deelgeneem aan baan aktiwiteite. Die 3-4 / 4-5 groep het groot pret met die hot wheels resies en hoepel-teikengooi gehad. Die graad R'e se baan aktiwiteite het toutrek, teikengooi, eier resies en sakresies ingesluit. Dit was 'n groot sukses. Die skool bedank graag elke kleuter en en ouer vir hul betrokkenheid. Ook groot dank aan hul puik OOV vir al die hulp. Dank ook aan Ilse en Angus Hattingh vir die reëlings en musiek.

eerders van Hotazel Kollege het op 10 en 11 Maart 2017 aan die 2de Liga Skyfskietkompetisie op Jacobsdal gaan deel-neem. Die volgende leerders het almal medaljes verower:  Henning van Wyk (brons medalje), Henlu Grove (goud), Johanné Strydom (2 silwer medaljes), Pieter Grové (brons medalje), Willem Coetzee (brons en silwer medaljes).  Hulle is voorwaar skuts van formaat.