Tien tennisspelers van Laerskool Kathu het van 29 Februarie tot 4 Maart 2016 aan die Wilson Cup tennistoernooi vir SA Laerskole in Sun City deelgeneem. tennis
Hulle is Cobus Solomon, Alwyn Oden-daal, Zander Steenkamp, Rique Slab-bert, Zander Boshoff, Anika Gerber, Ja-neske de Klerk, Jana Beukes, Inke Nel en Lenice Wolstenholme.
Hierdie tien spelers was deel van die “Prestige”-groep en het dus teen baie sterk skole gespeel. Dit was 'n uitklop toernooi, wat beteken dat hulle teen baie skole kragte kon meet.
Die seuns het teen De Hoop, Eikestad, Trinity House en Pietersburg-Oos ge-speel, terwyl die dogters teen De Hoop, Eikestad, King David Uplands en Van Riebeeckstrand te staan gekom het.
Die spelers van Laerskool Kathu het nie een tree teruggestaan vir hul oppo-nente nie en het pragtige prestasies be-haal, goeie ondervinding opgedoen en hegte vriendskapsbande gesmee.
Hulle kon gelukkig 'n tydjie afknyp om Sun City te geniet. Hulle het hope water-pret by die Valley of the Waves gehad, uitdagings hanteer by The Maze en die speletjies arkade net so geniet.
Die skool en veral die spelers wil graag baie dankie sê aan Cecile Murray en Mortan Coetzee wat hulle afgerig het. Laerskool Kathu se Turke rugbyspan het vir die afrigters toernooihemde geborg. Dit was 'n lekker verrassing.
Baie dankie aan die gemeenskap van Kathu vir hul ruim donasies vir die spe-lers se borglyste. Dankie aan die ouers wat gehelp het met die doughnuts wat op Valentynsdag verkoop is. Ander borge was JA Drafting, Mazars, KCC, NMS Steelworks en Laerskool Kathu.

Notice

Dear Readers Please take note of Our annual shut down.

Closing 8 December 2017

Opening 08 January 2018

Season's greetings to you all !